{ Vernuwe Jouself }


Liefde is nie net ‘n emosie nie, dit is ‘n taak, ‘n opdrag, ‘n groot werk. Liefde vir jouself, vir jou naaste, selfs vir jou vyand.

Maar ek dink ‘n mens moet vernuwe. Wanneer jy van werk verander – vernuwe jy, wanneer jy maer word – vernuwe jy. In ‘n verhouding of huwelik moet jy konstant vernuwe om jou maat en kinders te akkomodeer.

Ons taak is om te bly vernuwe om die onbekende te ervaar. Die Here het die lewe so geskep dat ons kan ervaar en leef.Om lief te hê is een “moewiese” werk. Maar dis die moeite werd.
Ek hoop almal daarbuite ervaar genot daarin om lief te hê en te vernuwe.