{ Julie...Maand Van Dankbaarheid }


Hierdie maand sou ek graag wou he dat elke mens God se getrouheid op sy lewenspad raaksien. Staan hierdie maand 'n bietjie stil en kyk hoe verander die seisoen of kry inspirasie van 'n boomstam wat al jare enige weer kon trotseer en nogsteeds bly staan.

Ek sou so graag hierdie maand 'n uur van stilstaan by elke mens se dag wou voeg,sodat hulle God se geskenk van naby af kan bekyk en dankbaar kan wees.

Geniet hierdie winter en bederf jouself hierdie maand met lekker warm Sjokolade voor slapenstyd.