{ 'n Quote Vir die Dag }


Ek het nog altyd gewonder waarom ons soveel waarde heg aan 'qoutes' wat deur bekende en beroemde mense gelewer is. Dit word oor-en-oor herhaal en soms rig ons ons lewens daarvolgens.

So kan ons lees van Franklin D Rooseveldt : Above all, try something, of Oprah Winfrey : That whisper you keep hearing is the universe trying to get your attention.

Hierdie is mense wat eens op 'n tyd DOODGEWOON was, sonder baie geld, met groot drome en 'n vasberadenheid om IETS te word.

En nou hang ons aan hulle lippe en deel hulle sêgoed asof dit deel vorm van die bybel.

Binne-in elkeen van ons lê daar wysheid en ek dink wanneer ons regtig gaan sit en dink aan die lewe, in alle erns, gaan ons agterkom dat ons ook hierdie mate van emosionele volwassenheid kan toon.

Of dalk dink ek net anders? Ek vermoed al lankal dat ek met ander tipe oë na die lewe kyk en dat my denke nie altyd in lyn is met die "gewone" denkrigting nie.