{ Dra Lig }


Enige vrou wat al met swaargelaaide bagasie op lughawens, stasies of ander plekke moes stoei, neem haarself daarna voor: "Volgende keer neem ek minder saam!"

Hoeveel maal pak ons nie onnodig baie in ons tasse vir die 'vir-ingeval-tye' nie - wat dan nooit aanbreek nie.

Met vroueharte is dit nie anders nie. Keer op keer pak ons in ons hartstas onnodige dinge waarmee ons worstel. En soos die jare aanstp, dra ons onsself morsdood aan skuldgevoelens en selfverwyt. Ekstras waarsonder ons lankal kon klaarkom.

Natuurlik is nie een van ons perfek nie. Om egter dag nĂ¡ dag ons harte met negatiewe gevoelens oor onsself vol te laai is afbrekend.
Dis nie wat God van ons verwag nie. Hy het dan juis Sy Seun gestuur om ons onvolmaaktheid weg te neem.
Daarmee saam vergesel Sy Gees ons daagliks om ons aan Sy vergifnis te herinner en ons veilig op ons reis te lei. As ons bly vasklou aan dinge wat ons eintlik by Hom moes los, maak ons ons Vader ongelukkig... en loop ons onnodig kromrug daaronder.

Daarom gaan sit vandag by jou Meester se voete en laai elke afbrekende gedagte waaraan jy so swaar dra, by sy voete af. Daarna pak dan net een item in jou hartstas: LIEFDE……LIEFDE vir ander en LIEFDE vir jouself.

WAAG DIT !!!!