{ Opofferings }


Wat sal ek opgee? Vir seker Televisie kyk.
Hoe kan ons leer om meer "nee" te sê vir versoeke, verwagtinge en selfs opdragte?

Ons as mens wil oor die algemeen te veel klaarmaak in 'n beperkte tyd omdat dit die verwagting is wat aan ons gestel word - iets wat ons almal natuurlik toelaat....of hoe?

Is dit nie tyd dat ons leer om slegs op die belangrikste te fokus, en nie op ALLES nie. So kan ons sukses behaal en op pad daarheen steeds innerlike vrede behou.

Ons verbind onsself tot soveel dinge in 'n poging om ons vrye tyd tot die maksimum te benut - en dan het ons geen vrye tyd oor vir onsself nie.

So wat sal jy opgee in jou lewe, sodat jy weer waardering kan hê vir al die wonderlike dinge in jou lewe?