Ons is soms so verlore in alles rondom ons, dat ons heeltemal vergeet om ons kop op te tel en net asem te haal. Dis okey om net te stop soms, en in te neem waarmee ons besig is, te waardeer wat ons het, aandag te gee aan onsself. Geniet die proses en moenie waardevolle lesse miskyk nie. Dis in die moeilikste situasies waar jy die beste lesse leer.