{ Waarsonder Ek Nie Kan Lewe Nie .....}

My man is vir my baie belangrik. Die dag toe ek met hom getrou het, was die gelukkigste dag van my lewe. Ons het saam al so baie deurgemaak en ek sê elke dag dankie vir iemand soos hy in my lewe.

Nico maak ook baie lekker kos. Sy steak is beslis die beste, hy het so ‘n spesiale manier hoe hy dit braai op die rooster.
Ek het ‘n lewensmaat wat ek volkome kan vertrou en lief kan hê. Iemand wat ek weet na my en ons kinders sal omsien maak nie saak hoe ek lyk of wat met ons gebeur nie. Dit is wat ek noem “Ware Rykdom.”