{ My Ondervinding oor Ouerskap }


Kinders leer nie jou woorde en perke nie, hulle leer deur jou dade. As jy heeltyd gaan gil en skree, gaan hulle ook so praat. As jy nie vir hulle asseblief en dankie kan sê nie, gaan hulle dit ook nie doen nie. As jy nie respek het vir hulle nie, gaan hulle ook nie respek hê vir jou nie.

Luister na wat jou kind vir jou vertel. Hoor wat is belangrik vir hulle en wat hulle pla en gelukkig maak. Maak tyd vir jou kind en lag vir sy/haar grappies {al is dit flou} en laat hom/haar altyd goed voel oor homself/haarself.

Geniet hulle, want hulle groei so vinnig! Hulle doen gereeld spesiale dinge, en as 'n mens nie oplet nie, dan mis jy baie. Wees altyd eerlik met hulle, gee baie aandag, ken hulle vriende, en die belangrikste van alles......bid kliphard!