{ My Familie Is My Veiligheidsnet }

Ek weet ek kan maar iets probeer, want ek kan altyd terugdraai as ek drooggemaak het. Dit is nou die een groepie mense wat my in alles sal bystaan. En as ek dit sê, sluit ek my bloedfamilie en aangetroude familie in. Hulle is die weefspoel wat alles bymekaar hou wanneer die wol begin lostorring.

My man,kinders,ouers,boeties, en skoonfamilie het my lief met matelose geduld, hulle liefdeskruike raak nooit leeg nie! Sjoe! Hulle almal is 'n oorvoedige geskenk aan my van God, en dan is hulle nog mooi toegedraai ook. Daar is net nie 'n einde aan al die wonderlike dinge wat hulle deel van my lewe maak nie. Ek is lief vir julle almal.