{ Geluk Is Jou Keuse }


Het jy al gewonder wanneer die lewe dan nou regtig vir jou gaan begin...maar dit lyk altyd asof iets in jou pad staan.  Tot jy besef dat al hierdie dinge wat in jou pad staan, deel van jou lewe is.  Daarom moet jy die beste van elke oomblik maak en onthou dat tyd vir niemand wag nie.  So begin vandag nog om voluit te lewe en moenie wag tot:

  • Jy gewig verloor nie                                          
  • Jy afgetree is nie
  • Jy is waar jy wil wees by die werk nie
  • Jou kinders uit die huis uit is nie
Daar mag dalk nie vir jou 'n môre wees nie. So, vandag is jou enigste kans om gelukkig te wees.