{ Voel Jy Oorlaai ? }

Wanneer ek rond skarrel om almal gelukkig te hou besef ek dat ek vir 'n oomblik vergeet het wie ek is. Ek is nie op aarde om te besig te wees met ander dinge sodat ek perspektief verloor op my hoër doel nie. Ek is 'n prinses wat saam met Jesus sy troon deel. Ek hoef nie moeg en oorlaai te wees nie, want ek is 'n oorwinnaar. Ek kies vandag om te heers oor selfbejammering, ongeduld en ontevredenheid. Gistraand het ek gelees: "Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek saam met my op die troon laat sit, net soos Ek ook die oorwinning behaal het en saam met my Vader op Sy troon gaan sit het." {Openbaring 3:21}