{ 'n Kennis vs 'n Vriendin }

'n Kennis kom kuier en tree op soos 'n gas ~ 'n Vriendin maak jou yskas oop en vra of jy tee wil hê . 'n Kennis het jou nog nooit sien huil nie ~ 'n Vriendin se skouers is altyd nat. 'n Kennis bring 'n bottel wyn as jy onthaal ~ 'n Vriendin kom al vroeg om jou te help kook. 'n Kennis raak moedeloos as jy haar wakker bel ~'n Vriendin vra hoekom dit jou so lank gevat het om te bel. 'n Kennis verwag dat jy altyd daar moet wees vir haar ~ 'n Vriendin weet sy moet altyd daar wees vir jou.