[ Wees Lief Vir Jouself }

Jy staan in die oggend op en kyk in die spieël. Jy kyk na die gesig wat vir jou staar. Jy soek vir iets, iets in jou oë wat vir jou sê dat jy mooi is, dat jy waarde het en dat jy dit verdien om jouself lief te hê.

Daai refleksie wat jy in die oggend sien as jy voor die spieël staan, beïnvloed die tipe mens wat jy is en hoe jy lewe. Ongelukkig kyk jy met ’n subjektiewe oog na jouself en is jy meer geneig om jouself af te kraak en net die slegte raak te sien, maar wat jy nie besef nie, is dat jy uniek is. En dit is hier waar almal nou die woord “uniek” té ligtelik opvat. Weet jy wat dit beteken om uniek te wees?Sit bietjie agteroor en dink hieroor. Daar is niemand in hierdie wêreld wat soos jy is nie, niemand kan presies soos jy lyk nie, niemand kan soos jy optree nie en niemand kan ooit jou plek inneem nie. Hulle kan probeer, maar hulle sal nooit 100% soos jy wees nie. WOW! Is dit nie wonderlik nie?

Iets wat elke vrou altyd moet onthou is dat sy ’n belangrike rol het om te vervul en dat sy dit slegs kan doen as sy haarself liefhet. Sy moet dit wat sy kan verander aan haarself, verander, máár dit wat sy nie kan verander nie, met liefde aanvaar.

Onthou jy is Pragtig en Sensasioneel.