{ 'n Oomblik In Tyd }

Het jy al ooit 'n foto gesien wat meer as 'n duisend woorde sê? Die een "toevallige" foto wat meer beteken as honderde geposeerde foto's ? Dit het egter niks met talent of ervaring te doen nie; as jy op die regte tyd op die regte plek is, kan jy ook 'n meesterstuk neem soos hierdie foto van ons nuwe gesiggie in die familie ~ Mieke saam met haar ma ~ Michelle. Is dit nie te mooi vir woorde nie ? Dis nou 'n meisie wat baie bederf gaan word.