{ 'n Traan Vir Geluk }

Vroue huil gemiddeld 47 keer per jaar en mans ongeveer 7 keer per jaar.Verder voel 88% van vroue heelwat beter na 'n lekker tranedal en net 8% voel slegter nadat hulle gehuil het.

Maar huil is nie net 'n manier om van spanning en opgekropte emosie ontslae te raak nie, dit help ook om jou liggaam gesond te hou.

Trane bevat minerale, hormone en proteïne, wat almal 'n belangrike rol in jou lyf speel. En wanneer die ekstra stowwe dan deur jou trane vrygestel word, werk dit vinniger en beter as voorheen.

So, moenie die gevoelens opkrop nie, dames, laat dit uitkom, sodat jy daarna weer met oorgawe kan lag en die lewe voluit kan geniet.