{ Leef Voluit }

Maak iets spesiaal met daardie stukkie lewe wat God vandag aan jou geleen het. Jy weet nie of jy môre nog gaan leef nie. Maar jy het minstens vandag as 'n geskenk uit die hemel ontvang. Doen iets spesiaal daarmee. Leef elke grientjie van vandag tot eer van God.

Moenie dat bekommernis jou dag bederf nie. Vee dit nou dadelik uit jou gemoed. Leef elkeen van vandag se 1440 minute voluit.