{ Watter Kleur Spons Is Jy? }

As jy na 'n spons kyk, weet jy nie wat binne-in is nie. Jy moet dit eers druk om te sien wat uitkom. Iemand het dalk die spons gebruik om koeldrank mee op te vee. Dan sal daar koeldrank uit die spons kom as jy dit druk......'n mens is net soos 'n spons.

In die lewe maak ons, ons lewens vol met allerhande dinge. Sommige is goed ander weer is sleg. Maar ons kan nogsteeds almal om ons kul deur 'n mooi en rustige gesig aan almal voor te hou. En wanneer die lewe ons begin druk, kom dit wat regtig binne-in ons harte en koppe aangaan uit.

So maak seker jy vul jou spons met die regte goed sodat geen skokke uitkom wanneer jy gedruk word nie.