{ Ware Geluk }

As die Here ons lewe beheer, is die gevolg; Liefde, Vreugde, Vrede, Geduld, Vriendelikheid, Goedheid, Getrouheid, Sagmoedigheid en Selfbeheersing.

Let op dat geluk eers na liefde kom.

Ralph Waldo het gesĂȘ: “ Wat agter ons is en vir ons voorlĂȘ, is niks in vergelyking met dit wat binne ons is nie." Dit maak nie saak hoe sleg jou verlede was nie, en dit maak ook nie saak hoe vol probleme die toekoms gaan wees nie, jy het die gees van God binne jou. Dit is genoeg rede om geluk te vind gedurende hierdie nuwe seisoen.

Wanneer jy iets wat vir jou waardevol is amper verloor, waardeer jy alles baie meer - selfs geluk. Dit is eintlik jammer dat jy iets moet verloor voordat jy alles "anders" om jou begin raaksien.

So wees vandag so gelukkig as moontlik ter ville van jouself.