{ Jou Emosies Is Belangrik }

Ons kan nie besluit hoe mense teenoor ons sal optree nie, maar ons kan besluit hoe ons gaan reageer. Ek dink om jou emosies onder beheer te hou is baie belangrik, want as jy dit onder die kniee het, sal jy jouself nie elke keer vererg vir elke opmerking wat gemaak word nie.

Party mense besef nie altyd dat hulle op jou tone trap nie. Deur daaroor te loop en tob gaan niks help nie en gaan net tot selfbejammering lei, en jou negatiewe gedagtes gaan almal rondom jou ook ongelukkig maak.

As jy net 'n oomblik lank oor jou situasie sit en dink voordat jy reageer, sal jy sien dit sal help om jou emosies te beheer. Dan het jou nie nodig om jammer te sĂȘ oor dinge wat liefs moes gebly het nie.