{ Skoonma 10000000 }

My skoonma het die volgende versies op my selfoon gestuur deur die maand van Julie en Augustus 2010, dankie skoonma dit het BAIE gehelp.xxxx

MOET NOOIT....
in jouself twyfel
of jouself te min ag nie
of toelaat dat mense die vonkel in
jou oë steel nie....
Jy's God se MEESTERSTUK,
'n bloeisel uit SY tuin!!!!!

Miskien het jy vir my gebid,
miskien het jy net stil gesit,
miskien het jy terwyl jy werk gehoop ek word weer binne sterk
Maar altyd is jy iewers daar waar jy vir my 'n tydjie spaar
Met groot verstaan en woorde min is jy voorwaar 'n goud
vriendin

Stil in gebed, plaas ek jou en alles wat jou aangaan in die
hande van ons Heer.
Hy sê: "Laat los jou kommer & malende gedagtes.
Maak oop jou hart & laat My liefde & vrede, wat alle
verstand te bowe gaan, jou hart & gemoed tot oorlopens toe vul.
Ek sal jou dra want Ek weet die beste vir jou!"

Vir jou hierdie gebed.....Hoeveel maal, getroue God, het U haar
al deur dieptes gedra, haar met Moed, Krag en Wysheid gevul na
hemelshoogtes weggevoer.
Dankie dat U om elke draai van haar lewe daar is, dat U haar Hoop,
haar Vrede en haar Sterkte onder alle omstandighede is.
Vou haar asseblief toe in U beskermende liefde.
Dankie Vader dat ek weet sy is veilig in die skadu van U hand.