{ Teetyd }


"S is vir stoepkuiertjies op stoele wat elkeen sy eie storie kan vertel. Daar's min sulke mooi klanke soos "dis teetyd" en die gevolglike geklingel van koppies-en-pierings wat wag vir vars tee en nice geselskap.

Mens hoef mos nie altyd op "Eksotiese" en "Fancy" plekke inspirasie te loop soek nie, jy kan dit sommer op jou eie stoep kry."