{ Wees 'n Gewer Vandag }

Ek is net een mens, maar ek is darm een; ek kan nie alles doen nie, maar ek kan iets doen – en net omdat ek nie alles kan doen nie, gaan ek nie nalaat om die bietjie te doen wat wel binne my vermoë is nie.

Besluit bloot bewustelik vandag: Ek gaan vandag ‘n bietjie geur toevoeg tot die lewe. Neem jou voor om as God se ambassadeur in die wêreld te leef. Maak dit jou doelwit om n gewer te wees, om liefde aan mense te bewys en om ‘n tikkie geur in hul lewens te bring.

Jy kan begin deur te glimlag vir die mense wat jy vandag raakloop. ‘n Glimlag is ‘n simbool van aanvaarding en goedkeuring – iets waaraan die meeste mense in die wêreld ‘n groot behoefte het. Belê iets van jouself by God en vertrou op Hom om vir jou te sorg, terwyl jy goeie saad saai oral waar jy gaan deur besluite te neem wat tot seen vir ander sal wees.