{ Nee vir Bekommernis }


Min dinge in die lewe het so 'n negatiewe effek op jou bestaan as bekommernis. Jou fisieke reserwes word gedreineer en jy raak verward en uitgeput. Eenvoudige probleme lyk onoplosbaar en jy vind dit moeilik om logies en helder te dink. In sulke omstandighede het jy iemand nodig op wie jy kan vertrou en in wie jy kan glo om jou te help om hierdie probleem te oorwin.

As Christen is dit onnodig om verder te soek as Jesus Christus. Jesus nooi elkeen van ons om ons vertroue in Hom te plaas en jou nie te bekommer nie - want Hy is altyd en onder alle omstandighede by jou.

Baie mense bekommer hulle verniet om die eenvoudige rede dat hulle nie hul bekommernisse met Jesus wil deel nie. Daarvoor betaal hulle 'n dure prys. Hul bekommernis word net al hoe meer en dit knaag aan hulle lewe. Jesus nooi jou om al die bekommernisse by Hom neer te lĂȘ. Hy het jou lief en gee vir jou om; Hy wil aan jou vrede en gemoedsrus skenk.