A positive attitude may not solve all your problems,but it will annoy enough people to make it worth the effort.
{ Sweet Dreams }
{ Ware Geluk }

Let op dat geluk eers na liefde kom.
Ralph Waldo het gesê: “ Wat agter ons is en vir ons voorlê, is niks in vergelyking met dit wat binne ons is nie." Dit maak nie saak hoe sleg jou verlede was nie, en dit maak ook nie saak hoe vol probleme die toekoms gaan wees nie, jy het die gees van God binne jou. Dit is genoeg rede om geluk te vind gedurende hierdie nuwe seisoen.
Wanneer jy iets wat vir jou waardevol is amper verloor, waardeer jy alles baie meer - selfs geluk. Dit is eintlik jammer dat jy iets moet verloor voordat jy alles "anders" om jou begin raaksien.
So wees vandag so gelukkig as moontlik ter ville van jouself.
{ Watter Kleur Spons Is Jy? }

In die lewe maak ons, ons lewens vol met allerhande dinge. Sommige is goed ander weer is sleg. Maar ons kan nogsteeds almal om ons kul deur 'n mooi en rustige gesig aan almal voor te hou. En wanneer die lewe ons begin druk, kom dit wat regtig binne-in ons harte en koppe aangaan uit.
So maak seker jy vul jou spons met die regte goed sodat geen skokke uitkom wanneer jy gedruk word nie.
{ Jou Emosies Is Belangrik }

Party mense besef nie altyd dat hulle op jou tone trap nie. Deur daaroor te loop en tob gaan niks help nie en gaan net tot selfbejammering lei, en jou negatiewe gedagtes gaan almal rondom jou ook ongelukkig maak.
As jy net 'n oomblik lank oor jou situasie sit en dink voordat jy reageer, sal jy sien dit sal help om jou emosies te beheer. Dan het jou nie nodig om jammer te sê oor dinge wat liefs moes gebly het nie.
{ So True }
{ Note To Myself }
Subscribe to:
Posts (Atom)